Nog Een Van 'Daai' Briewe

ek byt my lip soos mense in engels hulle tonge byt
ek wil rerig nie iets se wat jou gaan ontstel nie
nie vir jou of vir enige iemand anders nie, maar dis moeilik
want my hart pyn aan daai kant wat ek vir jou gegee het

miskien drink en rook ek net teveel en alles pak op
soos die dae kouer raak en ek meer distractions nodig het
en my geld kan nie vir my duur distractions koop nie
so ek koop goedkoop bottels rooiwyn wat my maag laat pyn

ek kannie slaap in die aande nie,
so ek kom al vyf uur die oggend werk toe
dan sit ek en staar ek na my computer screen
en luister na die stad wat stadig begin lewe kry

dit maak my rustig maar ook net vir n oomblik
dan dink ek weer aan dat ek nie weet wat aangaan met jou nie.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.